Mannewales is geleë in Pierre van Ryneveld, op die hoek van Broeksma en Vorsterlaan.

Klassies is klein met 2 personeel per klas. Ons open soggens om 06h30 en sluit weer om 17h15 in die middag, met `n na-uur diens wat `n ekstra fooi behels. Twee etes per dag word aangebied.

Mannewales is ten volle toegerus om na kleuters om te sien, van die ouderdom 3 maande tot Graad 0. Daar is tans 6 klasse in Mannewales, met 9 onderwysers en 6 assistente. Elke klaskamer beskik oor sy eie toilet geriewe.

Elke klaskamer, en buite op die speelgrond, is toegerus met CCTV kameras.

Elke baba, peuter en kleuter kry `n Mannewales tassie met sy/haar naam daarop geborduur. Mannewales is `n tweetalige kleuterskool. Daar word verskeie buitemuurse aktiwiteite aangebied en twee uitstappies per jaar word gereël. Babas, peuters en kleuters ontvang vier vorderingsverslae per jaar. 

 Hoogtepunte by Mannewales is ons Atletiekdag en Konsert, wat altyd afgesluit word met `n Kersfees Vader wat geskenkies uitdeel, wat die ouers koop

 MANNEWALES KLEUTERSKOOL

ANNEMARIE VIVIERS :

(012) 662 1518 / (082) 828 1420

E-POS : viv.mannewales@gmail.com

24 Vorsterlaan , Pierre van Ryneveld , Centurion

Belangrike datums

Atletiek-dag (L/S Louis Leipoldt)            15 Augustus 2015

Uitstappie na Willow Feather Farm        06 November 2015

Jaarlikse Konsert         14 November 2015